Daar was hope vermaak by die Vaal Festival Charity Show wat Saterdag, 7 Oktober op Phoenix High School se sportvelde gehou is.
Dit fees is gehou as fondsinsameling vir die organisiasie Little Angels.
Behalwe vir die stalletjies was dit die pretpark wat die meeste ondersteuning geniet het.
Hier is van die dag se pret in beeld. Foto’s: Elsje Vermeulen
Gabby Bam (7) van Risiville het die mallemeule geniet.Eanu Perry (8) van die LS Republiek in Meyerton en sy niggie, Mijon Potgieter van HS Dr. Malan het die swaaie baie geniet.Die drie maters het die dag saam geniet. Van links is: Leanke McDonald van HS Overvaal, Velandri Holloway van LS Vryheidsmonument en Ashley Holloway van HS Overvaal.Klein Caleb Bam (4) van Risiville het nie die kans laat verbygaan om “perd” te ry nie.Jessica Folcher (17) van HS Dr. Malan het die nuwe spel probeer.Plaaslike sanger Charles Rudd het ook die dag ondersteun.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za