Local newsNewsNews

NG Collage se Reënboogfees

VANDERBIJLPARK. - Daar is mos niks lekkerder as 'n kerkbasaar pannekoek of kerrie-en-rys nie. Daar vind gereeld kerkbasaars in die Vaal plaas en Vaalweekblad het onlangs by NG Collage sin gaan inloer.

Behalwe vir die heerlike eetgoed (alles van pannekoek tot kerrie-en-rys soos wat dit by enige kerkbasaar hoort), was daar ook baie pret vir die kleinspan by NG Collage se Reënboogfees.

Die springkasteel was ‘n groot trekpleiser, en daar was ‘n paar “skerpskutters” wat aan die skyfskiet en veerpyltjies deelgeneem het.

Hier is van die dag se verrigting in beeld. Foto’s: Elsje Vermeulen

Caleb Pretorius (8) was sommer baie trots op sy “new look”.
Cecillia Jacobs wys hoe “flip” mens ‘n pannekoek tydens die kerk se Rëenboogfees.
Ouma Hettie Scheuer (reeds 38 jaar orreliste by die kerk) saam met Bea Burger (links), Jessica (voor) en ousus Timoné Scheuer (regs). Hulle het die lekkergoedtafel beman.
Ilana Odendaal (5), kleindogter van ds. Chris Odendaal van die gemeente, op die springkasteel waarop die kinders gratis kon speel.
Yolandi Lewis ‘n lid van van die gemeente, het van die kans gebruik gemaak om die kerk te bedank vir alles wat hulle vir haar gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button