Local newsNewsNews

Vier dood nadat boot omslaan

Die tragedie het Saterdagmiddag op die Vaalrivier naby Drie Riviere afgespeel.

VEREENIGING. – Die noodreaksiespan CERT SA sê vier mense is dood nadat ‘n boot Saterdagmiddag (21 Oktober 2023) op die Vaalrivier by Drie Riviere omgeslaan het.

Die noodoproep is omstreeks 16:50 ontvang.

“Ongelukkig het al vier die insittendes verdrink. Hulle is op die toneel dood verklaar. Ses ander pasiënte is op die toneel behandel maar het geweier om na die hospitaal geneem te word,” lui ‘n verklaring wat deur CERT SA uitgereik is.

Nooddienswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button