Local newsNewsNews

Wie het ‘n grand motor nodig?

Dis nie nodig om altyd in die duurste en beste op te daag om 'n matriekafskeid te geniet nie. Lees meer...

MEYERTON. – Elke jaar word die kompetisie rondom die matriekafskeid groter. Daar word maande lank beplan aan alles van die rok tot by die skoene.

Dan is daar die vervoer. Groot geld word uitgehaal om te kyk wie kan in die mooiste en duurste sportmotors opdaag.

Kimberley Styles van die Hoërskool Dr. Malan het die storie gade geslaan en fyn geluister. Sy het agtergekom daar is graad 12’s wat nie kans sien om matriekafskeid toe te gaan nie, bloot omdat hul voel hul kan nie in hul ouers se doodgewone motors en bakkies opdaag nie.

Haar ma, Amanda, sê sy het aan die begin van die jaar ‘n grap gemaak en vir Kim (soos wat almal haar noem) gesê: “Ag, kry sommer ‘n taxi.”

Groot was haar verbasing toe Kim later na haar toe kom en sê: “Ek gaan ‘n ou taxi kry om mee matriekafskeid toe te gaan.”

Amanda wou nog kopkrap, toe is Kim en Amanda se lewensmaat, Hendrik al op ‘n missie om die geskikte taxi te soek.

Nie ‘n nuwe een nie. Sy wou ‘n ou een hê. So het hulle vir Oupa Mafiga ontmoet wat sy taxi blinkskoon gekry het vir die groot okkasie.

“Uiteindelik was ons 10 in die taxi, want Kim het daarop aangedring dat verskeie van my vriendinne wat haar help grootmaak het, moet saamry.

“Toe ons by die funksie opdaag, kon jy die verbasing sien op haar klasmaats se gesigte. Maar, ons het baie positiewe terugvoer gekry,” vertel Amanda trots.

Nadat Kim die nuus dat sy en haar kêrel, Jannes Fouche in ‘n ou taxi gaan ry met haar vriende gedeel het, het hulle ook besluit, basta met die grand motors, hul gesinne se elke dag motors is goed genoeg.

“So het sy ‘n voorbeeld gestel en almal het die aand geniet, maak nie saak met wat hul by die funksie opgedaag het nie,” vertel Amanda.

Sy het bygevoeg dat sy en haar vriendinne vele trane van trots en vreugde gestort het op pad na die funksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button