Local newsNewsNews

Grootmaatverbruikers in ELM betaal Eskom nou direk

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni verduidelik wat tot dié verwikkelinge gelei het en wat dit inhou.

Grootmaat-kragverbruikers in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is sedert September meer verseker van ononderbroke kragvoorsiening omdat hulle hul kragskuld nou direk aan Eskom kan betaal.

Dit volg ná ʼn hofuitspraak van die hooggeregshof in Pretoria op 5 Julie vanjaar. Emfuleni is ses maande gegun om aan die hofuitspraak te voldoen.

Die hof het verder bevind dat Emfuleni sedert 2018 minagtend teenoor hofbevele optree omdat hy nie sy ooreenkomste met Eskom eerbiedig nie.

“Die VF Plus steun die hofbevel omdat dit vir sowat 200 grootmaakverbruikers en kleinhandelaars buiten vir beurtkrag van ononderbroke krag voorsien,” het Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in ‘n mediaverklaring gesê.

Die verklaring lui verder:

Weens Emfuleni se wanbetaling aan Eskom het die munisipaliteit ook gedwonge beurtkrag toegepas wat ondernemings vir lank periodes sonder krag gelaat het.

Eskom sal die winsverskil aan die munisipaliteit terugbetaal om sodoende Emfuleni in staat te stel om makliker sy rekening aan Eskom te vereffen.

Huiseienaars betaal steeds hul uitstaande kragrekening direk aan die munisipaliteit. Daar word egter beoog dat Eskom in die volgende twaalf maande volle bestuur van Emfuleni se kragrekeninge gaan oorneem.

Emfuleni sal steeds verantwoordelik wees vir die lees van kragmeters en die herstel van kraginfrastruktuur.

Die VF Plus is van mening dat dié ooreenkoms ELM in staat sal stel om suksesvol aansoek te doen by die nasionale tesourie vir skuldverligting, wat beteken dat sy agterstallige kragskuld gedelg word indien die munisipaliteit getrou sy lopende skuld elke maand aan Eskom betaal.

Emfuleni skuld Eskom R6,2 miljard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button