Local newsNewsNews

Kontant op die spel vir Vaal-matrieks

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste Vaal-matrikulant?

Dit is daardie tyd van die jaar wat die matriekleerlinge kans kry om die kollig te steel met hul pragtige matriekafskeid-uitrustings.

Soos altyd is dit tot ‘n sprokiesmooi-herinnering en Vaalweekblad sien daarna uit om ons plaaslike matrieks die geleentheid te gee om so bietjie te spog. Ons Beauty and the Beast-kompetisie het reeds afgeskop.

Behalwe vir die kans om die koerant te haal, is daar ook R500 kontant vir die wenner in die “Beauty-afdeling” (dis nou natuurlik die dogters-afdeling) en R500 in die “Beast-afdeling”.

Ons nooi dus alle matriekleerlinge van Vaaldriehoekse skole hom hul mooiste matriek-foto’s in te skryf.

Dit is boonop baie maklik om deel te neem. Alle inskrywings word digitaal gedoen deur net die QR-kode te skandeer wat weekliks in die Vaalweekblad verskyn.

Onthou dat as daar twee leerlinge op die foto is, die een wat die foto inskryf in aanmerking kom vir die prys. Dus, as altwee wil deelneem, moet elkeen sy eie foto inskryf.

Let asb. ook daarop dat die leerlinge in matriek moet wees om aan die kompetisie deel te neem. Inskrywings is reeds oop – ons wag in spanning vir julle foto’s.

Leerlinge het kans tot 19 November om in te skryf. Vanaf 20 tot 27 November sal die inskrywings dan op ons Facebook verskyn sodat daar gespog én gestem kan word.

Die Top 10 in albei afdelings sal dan in die Vaalweekblad van 1 Desember aangekondig word.

Die algehele wenners sal in die laaste uitgawe van die jaar (15 Desember) aangekondig word. Net betyds om hul prysgeld te kry om hul vakansiefondse ‘n hupstoot te gee. Daar sal ook ‘n volle “feëverhaal” en ekstra foto’s oor die wenners verskyn.

Illustrasiefoto: Die pragtige Mari-zaan du Plessis wat nie vanjaar in matriek is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button