Local newsNewsNews
MooiVaal Media in pienk getooi
Elke Oktober is die fokus op borskanker. MooiVaal Media se Vanderbijlpark kantoor het rede gehad om fees te vier.
VANDERBIJLPARK. – Alles was pienk. Van die ballonne tot by die lekkergoed en die kolwyntjies.
Al die personeel was ook in elke skakering van pienk geklee vir die dag. Die doel van die dag was tweeledig.

Ten eerste om bewusmaking van borskanker te skep en dan ook om fees te vier.
Een van MooiVaal se advertensieverteenwoordigers, Bernie Potgieter het die week gehoor sy is in remissie. Genoeg rede om fees te vier.
Vind meer uit oor hoe om borskanker te voorkom en vroegtydig op te spoor deur hier te lees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!