Local newsNewsNews

Nuwe inkopie-ervaring wag op Valies

Inkopies en uiteet by die nuwe The Village Winkelsentrum beloof om nie net genotvol, stylvol en produktief te wees nie, maar ook veilig.

PROMOSIE ARTIKEL

VEREENIGING. – Daar is ’n splinternuwe, opwindende en veilige inkopie- en bymekaarkom ervaring op pad na die Vaal, met die nuwe The Village Winkelsentrum wat op Woensdag 1 November in Drie Riviere sy deure vir die publiek oop maak.

Veiligheid en misdaad is deesdae ’n realiteit en daarom is daar baie moeite en spesiale aandag met die ontwikkeling van die winkelsentrum gegee om te verseker dat besoekers hul inkopies kan geniet in ’n veilige omgewing en met die gemoedsrus dat hul motors ook veilig in die parkeerarea is.

Die nuwe winkelsentrum spog met ’n verskeidenheid eetplekke en spesialiteitswinkels. Geniet ’n heerlike aand uit saam met die gesin of vriende by die bekende en gewilde John Dory’s, die smullekker warm-op-die-tong disse van Mochachos of ’n perfekte pizza van Pizza Perfect.

‘n Trotse byvoeging tot die The Village Winkelsentrum is die vlagskip Take A Break koffiewinkel. Take A Break is nie onbekend aan die mense van Drie Riviere of die Vaal-omgewing nie.

Die Take A Break wat nou ook by The Village Winkelsentrum oopmaak beloof selfs beter te wees. Take A Break spog met die beste koffie en croissants, asook ’n verskeidenheid spesialiteitsbrode en gebak.

Die nuwe sentrum spog ook met ‘n splinternuwe en gewilde Eskort wat ’n unieke keuse van vars, bevrore, gerookte en voorbereide vark- en ander vleisprodukte teen fabriekswinkelpryse bied.

Almal in die omgewing word uitgenooi om die opening van hierdie opwindende en stylvolle nuwe winkelsentrum te kom geniet op 1 November vanaf 08:00 en 09:00.

Die sentrum is op die hoek van Limpopo en Generaal Hertzogweg in Drie Riviere. Sien julle daar!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button