Local newsNewsNews

Brand by River Square-winkelsentrum

Die brandweer is op die toneel.

VEREENIGING. – ‘n Brand het Maandagmiddag 30 Oktober by die River Square-winkelsentrum ontstaan.

Winkeleienaars en klante is ontruim.

Die Emfuleni Brandweer is op die toneel.

Daar is baie rook en mense wat buite in die parkeerterrein staan.

Lede van die publiek word aangeraai om die gebied te vermy.

River Square het in ‘n verklaring gesê: “Ons kan bevestig dat niemand beseer is as gevolg van die brand wat op 30 Oktober 2023 by River Square ontstaan het nie. Die sentrum se bestuur, sekuriteitspersoneel, gemeenskapsforums en die plaaslike brandweer het vinnig opgetree en die sentrum is suksesvol ontruim.

“Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium onbekend, maar ‘n deeglike ondersoek word uitgevoer,” het Marinda Smook, bemarkingsbestuurder vir die winkelsentrum, gesê.

Volgens Smook het River Square goedkeuring vanaf die department gekry dat hulle weer Dinsdag 31 Oktober 2023 handel mag dryf.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig daaroor berig wanneer ons meer inligting het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button