Local newsNewsNews

Kom duik en kyk na nuwe kombuis

Bass Lake in Henley-on-Klip is baie gewild en sentraal geleë en word elke naweek deur scuba duikers van oral besoek.

Bass Lake spog nou met nog ‘n besienswaardigheid vir duikers. ‘n Nuwe “kombuis” is deur die lede van die Meyerton Scuba Duik Klub “gebou”.

Behalwe vir opleiding reël die klub ook graag duik uitstappies in die binneland, kus en selfs oorsee.

“Ons was vroeër die jaar in Phuket, Thailand, waar ons op The Junk liveaboard gebly het, die volgende een wat ons beplan is na die Rooi See, Egipte,” vertel Jacqui Oelofse, mediabeampte van die Meyerton Scuba Duik Klub.

Hier op eie bodem is Bass Lake een van die klub se gunsteling duikplekke waar mense kan kwalifiseer en vaardighede te oefen.

“Ons het einde verlede jaar besluit om ‘n kombuis in Bass Lake te plaas met die toestemming van die eienaar. Duikers, vriende en familie het skenkings gemaak van ou stukkende toestelle.

Twee staal tafels is gemaak waarop ons van die toestelle kon monteer,” vertel Jacqui.

Lede van die Meyerton Scuba Duik Klub besig om die nuwe ‘kombuis’ in Bass Lake te skep.

Die klublede het een Sondag by die klub bymekaar gekom om die kombuis te ‘bou’. Die volgende Saterdag is die ‘kombuis’ stuk vir stuk in Bass Lake ingesit.

Die rede vir die kombuis was hoofsaaklik om ‘terug te gee’ aan ‘n venue wat ons toelaat om ons sport te beoefen.

Daar is reeds ander groot goed in Bass Lake, soos ‘n bus, vliegtuig ens. Die hoofdoel daarvan is om vir die duikers besienswaardighede onder die water te skep en om die sport te bevorder.

* Jan en Gill Vorster het Meyerton Scuba Duik Klub in Oktober 1992 gestig (31 jaar terug). Die klub is ‘n geregistreerde CMAS opleiding fasiliteit waar beginners tot tegniese duikers opgelei word.

Een van die kombuis-items wat nou op die bodem van Bass Lake is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button