NewsNews

Motoriste gewaarsku oor ys op N3-snelweg

Die waarskuwing is Maandag (30 Oktober 2023) aan motoriste wat die N3-snelweg gebruik uitgereik.

Motoriste word gewaarsku oor ysige toestande, ligte sneeu, reën en lae temperature langs die N3-snelweg.

Volgens Arrive Alive is daar reën, ysreën, en ligte sneeuval tussen Van Reenenspas en Warden aangemeld.

Hierdie toestande kan veroorsaak dat paaie glad en gevaarlik word. Bestuurders word dus versoek om waaksaam te wees.

“Verminder spoed, hou ‘n veilige volgafstand en skakel jou voertuig se hoofligte aan, veral wanneer die sigbaarheid swak is of paaie nat is, ” waarsku Arrive Alive.

Arrive Alive raai motoriste ook aan om slegs voertuie verby te steek wanneer dit nodig is en wanneer dit veilig is om dit te doen.

Padgebruikers word ook gewaarsku dat dié weerstoestande tot verkeersopeenhopings en vertragings kan lei.

Die N3 Tol-konsessie se operasionele bestuurder, Thania Dhoogra, het ook motoriste aangeraai om te sorg dat hul voldoende noodvoorrade in hul voertuig hou, insluitend warm klere en komberse, water, kos, medikasie, ’n selfoon, sy laaier en ’n flitslig.

Sou jy in nood verkeer kan jy die N3 Tol-konsessie se hulplyn by 0800 63 43 57 skakel.

Jy kan ook @N3Route op X (voorheen bekend as Twitter) volg vir gereelde verkeersopdaterings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button