Local newsNews

Oom Paul deel in die Bok-vreugde!

Standbeeld is in Groen en Goud getooi

 

‘n Oudinwoner van die Vaaldriehoek, Mauritz Meyer wat nou in Pretoria woon, het dié foto’s vir Vaalweekblad gestuur om te wys dat President Paul Kruger die afgelope naweek sy statige pak klere vir ‘n mantel van Groen en Goud verruil het. Dit was natuurlik om in die vooraf-opwinding te deel en ter viering van die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks.
Mauritz sê die eienaars van geboue in die omgewing van Kerkplein waar die standbeeld staan, het ‘n tyd terug bymekaar gekom en ‘n organisasie, City Prop, gevorm. Hulle hou vyf blokkie rondom die plein skoon en in stand. Hulle het die materiaal vir die mantel voorsien en amptenare van die Metro en vrywilligers het die versiering gedoen.
Ons is seker Oom Paul se borskas is ook bietjie breër sedert Saterdagaand!
Nogmaals baie geluk aan ons Bokke. Hulle het ons land regtig trots gemaak!

Trotse lede van City Prop by Pres. Paul Kruger se opgedolliede standbeeld op Kerkplein in Pretoria.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button