Local newsNewsNews

Vaal Vories presteer

Vier van die Vaal se jong voortrekkers is onlangs met 'n nasionale toekenning beloon. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Orion Voortrekkerkommando se offisiere het rede om breëbors rond te loop. Vier van die kommando se penkoppe het die nasionale Voorslag-toekenning verwerf.

Hierdie toekenning word slegs aan graad 7-leerders gegee na jare as penkoppe en intensiewe praktiese eksamens. Tristan Jooste en Gunther Mittermaier het goud verwerf, terwyl Wikus Viljoen en Mighael Lourens silwer gekry het.

Al vier is al sedert graad 1 deel van die Vories en sê hulle geniet dit om Voortrekkers te wees.

Tristan Jooste het die Voorslag goud toekenning verwerf. Foto: verskaf

Die finale kamp wat hul by die Doornkloofkampterrein bygewoon het vir die praktiese eksamens was rof, maar lekker.

By die kamp moes hul alles prakties uitvoer van hoe om ‘n vlag te hys en te stryk tot by hoe om speletjies aan te bied. Die jongmanne is dit eens dat hul Vories gaan bly.

Van volgende jaar af is hulle Verkenners. Dit beteken onder andere dat hul Penkop onderbaadjies met al die hardverdiende lapelwapens opsy gesit gaan word en hul weer van voor af sal moet werk om die nuwe onderbaadjies gevul te kry.

Van al die kampe wat hul tot dusver as Voortrekkers gedoen het, was Kamp Murgpyp in graad 6 die ergste. “Ons moes pale ronddra en hulle het ons in die middel van die nag wakker gemaak om goed te doen,” vertel hul grootoog, maar voeg ook vinnig by, “dit was regtig lekker.”

Adjunk-kommandoleier administrasie, Andries Visagie sê die Voorslagtoekenning is gefokus op leierskap volgens Die Voortrekkers se beginsels van Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbare leierskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button