Local newsNewsNews

Gesin vra hulp nadat huis afbrand

Hulle benodig hulp.

VEREENIGING. – ‘n Gesin van vier wie se huis in Kowiestraat, Drie Riviere vroeër vanjaar in ‘n brand verwoes is, het ‘n beroep op die publiek gedoen om hulle te help om die perseel weer leefbaar vir hulle te maak en ‘n gedeelte van die huis te herstel.

Surina Els (50) sê sy en haar man, Jan Els (48), en twee kinders, onderskeidelik 16 en 18, bly nou in ‘n karavaan en in ‘n motorhuis op die perseel waar die huis afgebrand het.

Die hoofhuis is in puin gelê en die gesin het nie geld om dit te herstel nie.

“Die ding is ons kan nie die karavaan vir te lank hou nie. Ons wil net daar waar die karavaan staan dit darem bietjie leefbaar maak en toemaak. Ons wil ook graag die deel van die huis wat nog bietjie leefbaar is (die kombuis, sitkamer en sonkamer) toemaak dat dit ‘n dak oor het, sodat ons die plek kan gebruik,” vertel sy.

Volgens Els leen hulle tans die karavaan by ‘n familielid, maar hulle sal dit een of ander tyd moet teruggee.

Die Els-gesin het in April feitlik al hul besittings verloor toe ‘n brand by die huis ontstaan het.

Drie van hul honde het ook in die brand gesterf en die huiseienaar, Hennie Mulder, is oorlede nadat hy drie weke in die hospitaal behandel is vir rookinaseming en ander beserings.

Die Els-gesin het saam met Hennie op die perseel gebly. Volgens Surina Els, weier die versekering om vir die skade uit te betaal, aangesien die eienaar van die huis in Februarie opgehou het om versekeringspaaiemente te betaal.

Die huis het oorspronklik aan Hennie se ma behoort, maar nadat sy jare gelede oorlede is, is dit na Mulder oorgedra.

Mulder het die huis op sy beurt aan Els se man bemaak. Mense wat die Els-gesin kan bystaan kan vir Surina by 081 253 0504 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button