VEREENIGING. – Motorsport-liefhebbers het Saterdag hul plek ingeneem op die pawiljoene by die Ultimate Outlaws Raceway vir ‘n heerlike aand se aksie op die ovaalbaan.
Die 2L Hotrodklas het vir ekstra opwinding gesorg toe Tokkos Joubert en Marius Grobler reg voor die hoofpawiljoen in ‘n ongeluk betrokke was.
Behalwe vir die motors was niemand verder beseer nie. Tokkos kon selfs die wedren voltooi en het aan die einde van die aand in die algehele tweede plek in die 2L Hotrodklas geëindig.
Die volledige uitslae en nog foto’s verskyn in die week se Vaalweekblad (10 November).
Hier is ‘n fotobleed van die aksie, vasgevang deur Elsje Vermeulen (Vaalweekblad):
Sake begin skeefloop regvoor die hoofpawiljoen.Die skade is gedoen!Ander deelnemers jaag verby terwyl Tokkos en Marius se motors to stilstand kom.Marius Grobler klim ongedeerd uit sy motor.Hy was duidelik nie baie gelukkig met die feit dat hy nie die wedren kon voltooi nie.Sy beskadigde renmotor word van die baan verwyder.So lyk die renmotor se skade van nader.Tokkos Joubert kon die wedren voltooi al was die skade aan sy renmotor duidelik sigbaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za