Mnr. en Mej. Matriek 2023 aangewys
Dokkies dra die kroon in Vaaldriehoek Mnr. en Mej. Matriek 2023 kompetisie. Lees meer...
VEREENIGING. – Hoërskool Dr. Malan het vanjaar met die louere weggestap by die jaarlikse Mnr. en Mej. Matriek kompetisie wat deur Juanita Oosthuizen van Chantenique Afronding en Sjarmeskool aangebied word.
Die glansgeleentheid is Vrydag, 27 Oktober by die Barnyard in Vereeniging gehou. Kimberley Styles is as Mej. Matriek 2023 gekroon, terwyl Brendon Posthumus met die Mnr. Matriek 2023 titel weggestap het.

Die eerste prinses is Chantenique Breytenbach van die HS Overvaal en die tweede prinses Zoe Engelbrecht, ook van Dr. Malan.
Ryan Thompson van Vereeniging Gimnasium en Marvick Victor van Dr. Malan is as eerste en tweede prins aangewys. Liz-Marie Pattinson van Vereeniging Gimnasium het die Public Choice titel verower.
Daar word jaarliks ook die Matric Face of the Year gekroon en hier is Janco Nel van Vereeniging Gimnasium en Palesa Notsi van Three Rivers High School as wenners aangewys.
Juanita sê dié kompetisie vind al vir 15 jaar plaas en is oop vir alle matrieks in die Vaaldriehoek.
Hierdie jaar is ekstra spesiaal, want die wenners gaan in Junie 2024 in New York aan Pageant & Talent America deelneem.
