Local newsNewsNews

Bekende oud-raadslid sterf na lang kankerstryd

Sy bynaam was Mavusan. Hy was bekend as ‘n persoon wat vir die gemeenskap omgegee het.

VANDERBIJLPARK. – Mnr. Phillip “Mavusan” Nothnagel (75), ‘n bekende oud-stadsraadlid van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en kampvegter vir mense in nood, is Dinsdagoggend (7 November 2023) na ‘n lang stryd met kanker oorlede.

Volgens Nothnagel se seun, Johan, is hy Maandag (30 Oktober) by die onkologiesaal van die Mediclinic Vereeniging Hopsitaal opgeneem nadat hy gekla het oor erge pyn.

Hy is Dinsdagoggend (7 November 2023) in die vroeë oggendure in die hospitaal oorlede.

Nothnagel is in Mei 2011 as ‘n raadslid van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit verkies en was tot en met November 2021 raadslid vir Wyk 5 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Hy het in 2021 besluit om as raadslid uit te tree.

Nothnagel het die bynaam “Mavusan” verwerf toe hy destyds in openbare skakeling in Sebokeng gewerk het.

Dit beteken ‘n persoon wat omgee vir die gemeenskap.

Nothnagel word oorleef deur sy vrou Retha, vyf kinders en drie kleinkinders.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting het.

Phillip Nothnagel en sy vrou, Retha. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button