Eerste Hoekie skryf Mariene Wetenskap
Een van HS Driehoek se matrikulante is die eerste in Vanderbijlpark om mariene wetenskap as amptelike vak te skryf.
VANDERBIJLPARK. – Lize Kriel, ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Driehoek, is die eerste leerling van Vanderbijlpark wat mariene wetenskap (marine science) amptelik as ‘n ekstra skoolvak geneem het en dit deurgedra het tot in matriek.
Sy is aangewys as een van die skool se Top 10 in die rekordeksamen en is tans besig met voorbereidings in nege vakke vir die eindeksamen.
Haar mariene wetenskap dosent, Russell Stevens, het laat weet dat Lize se punte vir dié vak onder die hoogste in die land is.
Nog ‘n Hoekie wat tans goed in hierdie uitsonderlike vak presteer is Stian van Werkhoven wat volgende jaar graad 12 aandurf.
Mariene wetenskap word aanlyn aangebied en is in 2019 deur die parlement as deel van die FET kurrikulum aanvaar.
Die vak bestaan uit 85 temas wat oor drie jaar behandel word en kan vanaf graad 10 tot 12 geneem word. Mariene wetenskap word gerugsteun deur die Two Oceans Aquarium Education Foundation.
