Local newsNewsNews

Kwaai bye hou ELM werkers uit hul werk

'n Byeboer se hulp is ontbied sodat daar weer water aan die kleinhoewes voorsien kon word.

Piet Smit, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, het in ‘n mediaverklaring verduidelik dat kwaai bye die oorsaak was dat inwoners van die Roodia- en Stefanoparkhoewes etlike dae (langer) sonder water was.

Die VF Plus en munisipale werkers het verlede week vyf dae lank na die waterlekkasie gesoek wat die hoewes waterloos gelaat het.

Die waterlekkasie is agter ʼn grensmuur opgespoor, maar die groep munisipale werkers het geweier om die lekkasie te herstel weens ʼn byenes langs die grensmuur.

Die VF Plus moes inderhaas ʼn byeboer skakel om die koninginby te kom verwyder.

Die lekkasie kon gister herstel word nadat die bye ʼn ander heenkome gevind het.

Inwoners van die hoewes moes intussen water by watertrokke gaan haal wat op strategiese plekke geplaas is.

Verskeie inwoners het ook hul boorgate beskikbaar gestel aan ander inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button