Local newsNewsNews

Nuwe atletiekseisoen – Parkies behaal groot sukses

LS Kollegepark se atlete het die nuwe seisoen op 'n goeie noot afgeskop.

VANDERBIJLPARK. – Laerskool Kollegepark het die atletiekseisoen op ‘n goeie voet begin. Die Super 12 se eerste atletiekbyeenkoms vir die nuwe seisoen het 21 Oktober in Pretoria plaasgevind.

Kollegepark is die enigste laerskool in die Vaaldriehoek wat deel is van die Super 12. Tydens die byeenkoms het vyf atlete goeie prestasies behaal.

Tinashe Sithole (dogters o.9) is as Junior Victrix Ludorum aangewys nadat sy eerste oor die wenstreep was in die 80 m en derde in die 60 m naellope.

Die De Clercq sussies, Emma en Miané het albei tweede plekke in onderskeidelik die 1 200 m vir dogters o.10 en dogters o.12 losgehardloop.

In die velditems het Joane Botha ‘n derde plek verower vir gewigstoot, dogters o.11 en Dario Saayman het derde plek behaal vir hoogspring, seuns o.12.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button