Hoe ry die Hoekies sit sit so
Die Vaal se matrikulante het hierdie jaar hope kreatiwiteit aan die dag gelê om by die matriekafskeid te kom. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Hierdie jaar se matrikulante het behoorlik uit die spreekwoordelike boks gedink om by die matriekafskeid te kom.
Verlede Donderdag was dit Hoërskool Driehoek se beurt om hul kreatiwiteit ten toon te stel met hul matriekafskeid wat by die Emerald Resort & Casino gehou is.

Lize Kriel het besluit daar is geen beter manier as om op ‘n trekker aangery te word nie. So gesê so gedaan.
Eurekaskool se trekker is geleen en Neels Engelbrecht het die bestuurwerk gedoen met Lize wat haar balans perfek op die agterkant van die trekker gehou het.
Kort op hul hakke was Christiaan Jordaan en Michaela de Jager in ‘n perdekarretjie. Christiaan sê die perd en karretjie behoort aan Chris de Bruyn. “Oom Chris het my gehelp met die perdekarretjie.”

Na al die opwinding het almal die aand baie geniet. Tydens HS Transvalia se matriekafskeid wat op 20 Oktober gehou is, het Martin Dippenaar en Amanda Lewis die koppe laat draai toe hulle in ‘n roomyskarretjie opgedaag het.
Vaalweekblad wens al die skole se matrikulante baie sterkte toe met hul eindeksamens.
