Motorfietsryer ernstig beseer in ongeluk met vragmotor
Die motorfietsryer is ernstig beseer.
MEYERTON. – ‘n Motorfietsryer is ernstig beseer nadat hy Vrydag in ‘n botsing met ‘n vragmotor betrokke was.
Die ongeluk het Vrydagoggend (10 November 2023) omstreeks 10:40 op die hoek van Meyer- en Corrie Peyersweg in Meyerton gebeur.
Vaalweekblad verstaan die motorfiets was glo vanaf die brug in Meyerweg na Corrie Peypersweg onderweg toe die vragmotor voor hom ingery het.
Volgens die noodreaksiespan CERT SA het die pasiënt ernstige beserings opgedoen.
“Hy is op die toneel gestabiliseer en deur nooddienswerkers van ER24 na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem.”
Die Midvaal-brandweer, verkeersdepartement en A-Assist Towing, ‘n plaaslike insleepdiens, het op die toneel gehelp.

