Sussie is gesien, maar is steeds soek
Wees asb. op die uitkyk vir Sussie. Sy hoort weer terug in haar ounooi se arms.
Sussie, die dapper hondjie wat haar ounooi tydens ‘n huisroof probeer beskerming het en die rowers boonop agterna gesit het toe hulle op die vlug slaan, is sedertdien soek.
Sussie is glo gisteraand naby die hoek van Rossini Boulevard and Austen Robbertsstraat gewaar.
Haar eienaars is dankbaar om te weet sy lewe, maar wil haar bitter graag weer veilig in hul arms hê.
Die gesin se nagmerrie-ondervinding het begin toe Kayla Muller (’n matriekleerling van Hoërskool Transvalia) Maandag na eksamen by haar ouerhuis in Bernard Pricestraat opgedaag het en deur drie gewapend mans gekonfronteer is.
Kayla het gelukkig daarin geslaag om te ontsnap en haar ouma (85) en die huishoudster te waarsku.

Die Mullers se twee honde, Sussie en Bumper (Jack Russell-terriers), het Kayla teen die aanvallers probeer beskerm.
Die gewapende mans het ‘n televisie gesteel en daarmee op die vlug geslaan. Dit is toe dat Sussie hulle agterna gesit en nie weer haar weg huistoe gevind nie.
Die gesin se harte baie seer en hulle vra die gemeenskap se hulp om Sussie (die viervoet held) op te spoor.
