Vaalparkers op toer
Vaalpark Primêr se top 20 graad 7 leerders het onlangs 'n welverdiende blaaskans gehad. Lees meer...
VAALPARK. – Vaalpark Primêr se Top 20 graad 7-leerders het onlangs ‘n welverdiende wegbreek gehad. Vir vier dae en drie nagte het hul behoorlik in Gauteng rondgekuier, baie geleer en alles gate uit geniet.
Die toer het afgeskop met ‘n rit in die Gautrein vanaf Rhodesfield tot in Sandton vir ‘n lekker ontbyt, voor hul weer die sneltrein geneem het. Die res van die dag is by die Cradle of Mankind deurgebring en met ‘n konsert afgesluit.
Dag twee het vir groot opwinding gesorg. Die oggend is ‘n zipline aangedurf en die middag het die Vaalparkers die kans gehad om meer oor olifante te leer, en hul te voer in Hartebeespoort. Van Harties tot in Pretoria vir Ten Pin Bowling en pizzas.
Die volgende dag is die opvoedkundige sentrum van die maksimum gevangenis in Pretoria besoek waar een van die gevangenes haar storie vir die leerders vertel het.
Die middag is die Voortrekkermonument besoek en die dag is afgesluit met ‘n fliek. Die volgende oggend het almal hulself by die Water World in Muldersdrift geniet.
Die top 20 is vergesel deur die waarnemende hoof, Jannie Erasmus en twee onderwyseresse Stella Wegger en Marie-Louise Hauptfleish.
