Local newsNews

Help maak kinders met diabetes se lewe bietjie ‘soeter’

Dinsdag, 14 November, is Diabetes Dag - neem deel aan dié uitdaging!

 

Kinders met diabetes se lewe kan maar bitter wees – letterlik EN figuurlik! Ouers van kinders met dié toestand weet maar te goed van die probleme wat dit meebring… Eetgoed, veral “wettige” lekkergoed vir suikersiektelyers, is baie duur en onbekostigbaar vir baie lyers.
Dinsdag, 14 November, is Diabetes-dag. ‘n Geleentheid om bewusmaking oor diabetes te bevorder, maar ook ‘n ideale kans vir die publiek om suikersiektelyers (veral kinders) ‘n bietjie te bederf.
Mev. Sorika Swanepoel, ma van ‘n 12-jarige dogter met diabetes, daag alle skole en kleuterskole in die Vaaldriehoek uit om hul leerlinge en personeel te nooi om op 14 November blou klere aan te trek en ‘n suikervrye lekkertjie of ander nie-bederfbare eetgoed vir diabeteslyers skool toe te bring. Die mandjies of individuele eetgoed kan dan aan ‘n kind wat suikersiekte het, geskenk word.
Kom word deel van dié heerlike projek!
Skole wat gaan deelneem, kan enige tyd tot aan die einde van November ‘n foto van hul “diabetes-mandjies” na Vaalweekblad stuur by 083 246 0523, wat ons dan op Facebook sal publiseer om dankie te sê. As julle nie weet van ‘n kind aan wie julle die mandjie kan skenk nie, sal Vaalweekblad verdienstelike gevalle identifiseer en help dat dit by die regte kinders uitkom.
Meer besonderhede oor die projek is beskikbaar by Sorika by 064 228 4782.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button