Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se liga byeenkomste vind Saterdae op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas. Hier is aksie tydens die vierde byeenkoms wat onlangs gehou is.
Michael Redelinghuys in aksie in die hoogspring vir s.o/14.
SASOLBURG. – Tydens die vierde Atletiek Vaaldriehoek (AVT) liga byeenkoms op die DP de Villiers-stadion was daar dalk minder deelnemers as gewoonlik, maar steeds geen tekort aan goeie prestasies nie.
Die top prestasies van die dag het behoort aan Dillené Gouws (Transvalia Atletiekklub – TAC) in die gewigstoot vir d.o/12 met ‘n wenstoot van 12.66 m om ‘n 995 punte te verdien.
Emma de Clercq (TAC) het 989 punte verdien in die 600m vir d.o/9 in ‘n tyd van 1:59.71.
Ruben Kruger (TAC) het 956 punte verdien in die 200m vir s.o/13 in ‘n tyd van 23.38s.
Die volledige uitslae van nog atlete wat meer as 800 punte verdien het verskyn in die week se Vaalweekblad (10 – 16 November).
Fotobeeld: Elsje Vermeulen
Darius Botha van die Blue Running Atletiekklub in aksie in die gewigstoot vir s.o/16.Aldo Fourie (TAC) in aksie in die gewigstoot vir s.o/14.Hou bene hou! Aksie in die 600m vir s.o/9.Siya Nhlopo het nie skielik “super powers” wat hom in die lug laat sweef nie … hy en ander hoogspringers het so bietjie pret gehad op die hoogspringmat.Jaylin van Dyk (TAC) tydens die hamergooi vir d.o/18.Ntebaleng Mofedi van ArcellorMittal AVT was die afsitter vir die dag.Ruhan Pretorius van LS Risiville in aksie in die hoogspring vir s.o/11.Siphiwe Mtolo (KZN) en Brandon Viljoen in aksie in die 800m vir mans. Siphiwe het die eerste plek verower.Kjet Vanvinkenroye (LS Kollegepark) wys hoe moet die wenstreep in die 100m benader word.Leon Phyfer (HS Overvaal) seil met gemak oor die lat in die hoogspring vir s.o/16.Nog aksie in die hoogspring vir s.o/16.Miané de Clercq (TAC) het die 800m vir d.o/13 van begin tot einde gedomineer.Michael Redelinghuys van HS Transvalia het die hoogspring vir s.o/14 met ‘n skitterende hoogte van 1,73m gewen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za