NewsNews

Ontmoet die nuwe superheld, Braaf die Boerboel

Braaf die Boerboel het onlangs van die skole in Vanderbijlpark besoek. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – “Hy is so braaf soos ‘n boerboel, so sterk soos ‘n reus, so taai soos ‘m ratel, skrik nie vir ‘n reus. Hy hou van raakskiet, hy hou nie van kwes. Hy’s soos superman in kakie geklee,”

Die musiek alleen het die leerders van Laerskool Totius, Eligwa en Kollegepark op hul voete gehad, om nie eers te praat van die inwoners van die Lewensligsentrum nie.

Mariëtte Hartley, aka Braaffin, Braaf se helper. Braaf die Boerboel (Mariëtte van de Werken) en Bionita Mienie.

Maar, toe Braaf die Boerboel sy verskyning maak was daar by elke skool geen einde aan die opgewondenheid nie. Braaf die Boerboel is die nuwe superheld en hy span saam met Solidariteit Helpende Hand om na kinders se welstand om te sien.

Onlangs het Braaf en sy helper, Braaffin, aka Mariëtte Hartley, verskeie skole in Vanderbijlpark besoek om die kinders te leer om die regte ding op die regte tyd te doen.

Hy leer kinders om te gee, om iets aan te pak of te probeer, al is hul bang of skaam, om vir ander maats op te staan, om nie te boelie nie en om nie slegte geheime vir hulself te hou nie, maar eerder ‘n grootmens daarvan te vertel.

Mariëtte van de Werken, streekorganiseerder Wes-Rand en Vaaldriehoek (en ook die een wat dapper die hitte in die Braaf-kostuum aandurf) sê die nuwe superheld was die breinkind van Boerboel Wear.

Hulle het na Helpende Hand uitgereik en die resultaat is ‘n projek met ‘n reuse positiewe impak. “Helpende Hand het ook besluit om stories te skryf oor Braaf die Boerboel se dapperheid.

“Ons het dit vasgevang in ‘n reeks wat ouers vir hul kinders kan lees of wat kinders self vir mekaar kan lees. Ons wou graag die idee van die destydse Heksie en Bollie weer aan ons kinders bied”, het Mariëtte gesê.

Gaan lees gerus die reeks van 10 stories, een per maand, op jou foon by https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel/.

Besoek www.tassie.co.za en skenk ‘n tas vir ‘n behoeftige graadeentjie of ondersteun die projek deur ‘n T-hemp aan te koop by www.boerboelwear.co.za.

Vir elke Braaf T-Hemp wat verkoop word, skenk Boerboel R20 aan die Skooltassie-projek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button