Local newsNewsNews

Skoolsaal se dak stort ineen

VAALPARK. - Die voorval kon 'n tragedie gewees het, maar die skool het flink opgetree om dit te verhoed.

Die Lumiére Primêre Skool in Vaalpark se beheerliggaam het reeds in Mei 2023, die defekte in die skoolsaal se infrastruktuur en die risiko’s daaraan verbonde aan die Vrystaat Departement van Onderwys uitgewys.

Korrespondensie tussen die skool beheerliggaam en die Departement is so onlangs soos hierdie week gevoer.

Met die ontdekking van die probleme met die infrastruktuur, het die skool se beheerliggaam spoedig die geaffekteerde area beveilig en geen toegang toegelaat nie

“Met die opmerking van verdere insakking van die dak vroeër hierdie week, het ons die klaskamers naaste aan die skoolsaal ontruim as ‘n voorkomende maatreël,”het mnr. Pierre Gouws (Voorsitter: BL van Lumiére Primêre Skool) in ‘n mediaverklaring gesê.

Niemand is beseer toe die skoolsaal se dak ineen gestort het nie.

Op 10 November het die skoolsaaldak omstreeks 16:30 inmekaar getuimel. Geen kind of onderwyser is tydens die voorval, wat beslis nog ‘n tragedie vir die Vaal kon gewees het, beseer nie.

“Ons is dankbaar dat niemand beseer is nie. Die veiligheid van ons leeders, opvoeders, ouers, en besoekers is altyd ons hoogste prioriteit.”

Na die gevaar met die infrastruktuur bespeur was, is daar daar vinnig veiligheidmaatreëls ingestel.

Alle ingange tot die saal gesluit, wat dit ontoegangbaar gemaak het.

Die elektriese toevoer tot die saal is afgeskakel, en versperrings is strategies om die saal geplaas om te voorkom dat enigiemand te naby kan betree.

“Die beheerliggam van Lumiére Primêre Skool sal voortgaan om saam te werk met die Vrystaat Departement van Onderwys en neem elke nodige tree om hierdie situasie dringend aan te spreek. Ons is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en bystand gedurende hierdie uitdagende tydperk,” het mnr. Gouws afgesluit.

Die skoolsaal se dak wat op 10 November inmekaar gestort het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button