Graad 4-leerling word sedert vanmiddag vermis
Het iemand dalk gesien by watter busstop en saam met wie Andrew afgeklim het?
EERSTE PLASING: Andrew de Beer, ‘n Graad 4-leerling van die Laerskool Vaalrivier in Vanderbijlpark, word sedert vanmiddag vermis (Maandag 13 November).
Sy familie is verskriklik bekommerd oor hom.
Ouers van leerlinge wat op die LS Vaalrivierbus ry, word versoek om asseblief by hul kinders uit te vind of iemand dalk gesien het waar en saam met wie Andrew afgeklim het.
As hy dalk saam met ‘n maatjie huis toe is en steeds daar is, word die ouers gevra om asseblief dadelik vir Landi by 079 843 7827 te kontak om Andrew se familie gerus te stel.
OPDATERING (14 November): Nadat inligting laat gisteraand aan die lig gebring het dat Andrew moontlik by ‘n maatjie in Bonanné was, het lede van die gemeenskap na hom begin soek en hom uiteindelik opgespoor. Judy Louw Smit het só op Vaalweeklad se Facebook-groep verduidelik hoe die soektog verloop het:

Andrew se familie bedank almal wat besorgd was oor hom en meegehelp het dat hy so gou gevind is. ♥
