Local newsNewsNews

Hof weier borgtog vir man wat ander doodslaan

Hy dien tronkstraf uit nadat hy in 2020 vir Werner Coetzee so erg aangerand dat hy later aan beserings beswyk het.

SASOLBURG. – ‘n Man van dié Vrystaatse dorp wat ‘n ander man so erg met die vuiste toegetakel het dat hy later aan sy beserings beswyk het, sal vir langer agter tralies moet bly nadat sy borgaansoek Vrydag, 3 November in die landdroshof in Sasolburg misluk het.

Landdros Phakama Ngwenya het borgtog aan Johan Nel (35) geweier. Nel is in Augustus sewe jaar direkte tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Werner Coetzee.

Hy is tans besig om dié vonnis in die tronk uit te dien.

Nel het intussen ‘n appèlaansoek teen die vonnis by die hooggeregshof ingedien.

Johan Nel (35) van Sasolburg is tot sewe jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Werner Coetzee. Foto: Christiaan Cloete

Die petisie is geliaseer en was suksesvol, wat beteken dat verlof tot appèl toegestaan is.

In ‘n uitsonderlike wending het regters in Bloemfontein in die belang van geregtigheid ook verlof tot appèl teen die skuldigbevinding toegestaan, selfs al het Nel nie teen die skuldigbevinding geappelleer nie, maar wel teen die vonnis.

Nel het toe ‘n borgaansoek hangende dié appèl ingedien, maar Vrydag het landdros Phakama Ngwenya die aansoek geweier.

Dit beteken dat Nel in aanhouding sal moet bly tot die appèlsaak afgeghandel is.

Johan Nel (in die strepieshemp en voetboeie) praat met sy regsverteenwoordiger buite die landdroshof in Sasolburg. Foto: Christiaan Cloete

Dit kan volgens ‘n regsverteenwoordiger tot twee jaar neem.

Nel word deur die Vereenigingse prokureur, David Mey verteenwoordig.

Nel se regspan druk nou om die appèlsaak so gou as moontlik af te handel.

Nel en ’n vriend, Reimert Arangies (32) het op die aand van 21 Augustus 2020 in ‘n stryery met Coetzee betrokke geraak, waarna Nel die oorledene aangerand het.

Werner Coetzee was ‘n broodwinner en ‘n pa van twee. Foto: Verskaf

Daar was egter ‘n aanloop tot die bakleiery.

Vroeër die aand het Coetzee se vriendin Nel se karsleutels by hom afgeneem en daarmee weggery, waarna Nel ‘n insleepdiens moes kry om sy voertuig na sy huis te sleep.

Die stryery het ontstaan toe Coetzee later na Nel se huis in De Miststraat is om die sleutels terug te besorg. Coetzee se ribbes, neus en kakebeen is tydens die aanval gebreek en hy het ‘n breinbesering opgedoen.

Hy het later weens sy beserings beswyk.

‘n Foto van Werner Coetzee wat sy lewe verloor het nadat hy deur Johan Nel aangerand is. Foto: Verskaf

Nel en Arangies is later in hegtenis geneem. Arangies, wat saam met Nel van die moord aangekla is, is intussen onskuldig bevind.

Coetzee laat twee seuns, onderskeidelik 10 en 12 jaar, agter.

n Familielid van Coetzee het na aanleiding van die mislukte borgaansoek gesê: “Ons as Coetzee-familie is stukkend. Hoe pleit jy skuldig en wil jy dan aanosek doen vir verlof tot appèl?”

Wyle Werner Coetzee wat sy lewe verloor het nadat hy deur Johan Nel aangerand is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button