Local newsNewsNews

Honde het oorledene probeer beskerm

Dit was vir haar baie erg om haar honde te laat uitsit.

VEREENIGING. – “Maak vrek daai honde! Hulle gaan my kinders byt!” Dit is volgens me. Johannes Mathys Wynand Willemse die woorde wat me. Lindi Falch (44), ‘n ma van Leeuhof, geskree het op die aand wat haar seuns Johannes se saamleefmaat, Benjamin Lotz (52), in sy erf aangeval het.

Lotz het later weens die beserings beswyk.

Lindi en drie van haar seuns, Raymond Metz (21), Shane Metz (24) en Simon Anton “Babatjie” Metz (18) staan nou tereg op aanklagte van moord na afloop van die gebeure van die aand van 22 Oktober 2021.

Die broers staar ook ‘n bykomende klag in die gesig wat verband hou met ‘n oortreding van die Dierebeskermingswet, deurdat hulle twee van Johannes se honde glo met ‘n skerp voorwerp gesteek het.

Volgens Johannes het die honde haar saamleefmaat probeer beskerm toe Lindi se seuns hom in die erf waar sy en die oorledene gewoon het, aangeval het.

Johannes het getuig dat die honde die seuns wou byt toe hulle besig was om Lotz aan te val.

Die Metz-broers in die hofbanke saam met hul ma. Van links na regs: Raymond Metz (21), Lindi Falch (44), Shane Metz (24) en Simon Anton Metz (18). Foto: Argieffoto/Christiaan Cloete

Johannes het die afgelope week in die landdroshof in Benoni ook getuig dat sy die honde die volgende dag na die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem het en dat beamptes aanbeveel het dat die honde uitgesit moet word.

Johannes het sigbaar emosioneel geraak toe sy getuig het oor die feit dat sy haar honde moes laat uitsit.

‘n Selfoonfoto van een van die twee honde wat uitgesit moet word nadat hulle gesteek is tydens die bloedige aanval. Foto: Christiaan Cloete

Sy het getuig dat Lindi buite die erf gestaan het terwyl haar seuns besig was om vir Lotz aan te rand toe sy vir Estivan geskree het dat hy die honde moet steek.

Volgens Johannes se getuienis het Raymond en Estivan toe begin om die honde met messe te steek.

Vaalweekblad het reeds berig dat die moord spruit uit ‘n voorval vroeër die aand  waartydens die oorlene glo vir Raymond Metz en ‘n vriend, Estivan Delport, aangerand het nadat die twee jong mans harde musiek met ‘n bluetooth speaker in die straat geluister het en geweier om dit sagter te sit toe inwoners van die buurt daaroor gekla het.

Raymond en Estivan is toe na Raymond se huis waar hulle Raymond se broers en sy ma gaan haal het.

Lindi Falch in die hof in Benoni waar sy en haar seuns se verhoor die afgelope twee weke plaasgevind het. Foto: Christiaan Cloete

Dit het daartoe gelei dat Raymond, Estivan, Lindi, Shane en Babatjie na die huis is waar Lotz en Johannes bly om vir Lotz te konfronteer.

Johannes en die oorledene se broer, Hendrik Lotz, was saam met die oorledene by die huis toe hulle een van die Metzbroers van buite die huis hoor skree het: “Hey p**s! Kom uit!”

Lotz het later uit die huis gekom en die broers het kort daarna een vir een oor die heining gespring om vir Lotz aan te rand.

Charles de Beer, wat vir Lindi en haar seuns in die saak verdedig, het dit aan Johannes gestel dat Raymond en die ander beskuldigdes sal ontken dat hulle ooit die hond gesteek het.

Volgens die prokureur het Lotz ‘n panga by hom gehad op die aand van die aanval, waarmee hy van die broers aangeval het, maar Johannes het getuig dat hy nie ‘n panga besit nie.

Die saak duur voort.

Benjamin Lotz (52), die oorledene. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button