Local newsNewsNews

Wiele verdwyn in Vaalpark

Twee inbrake en drie gevalle van diefstal. Vir die res van SA klink dit dalk min, maar vir Vaalpark is dit vyf insidente te veel.

VAALPARK. – Drie insidente van wieldiefstal in drie dae het die afgelope week in Vaalpark plaasgevind. In een van die gevalle is die honde vergiftig.

Daar was ook gevalle van inbrake in die dorp waar misdaad die afgelope jaar of wat hok geslaan is.

Public Eye, wat deur hul kontrolekamer, patrollievoertuie en kameras by die dorp se ingange, ʼn oog oor die dorp en sy inwoners hou, sê almal sal hul waaksaamheid moet opskerp.

“Die Silly Season” is op hande,” het Public Eye se woordvoerder laat weet. “Gedurende die tyd van die jaar is daar altyd ʼn toename in misdaad.”

“Inwoners moet dit in gedagte hou wanneer voertuie in onveilige areas of buite geparkeer word. Sagte teikens gedurende hierdie tyd van die jaar sluit in privaat en openbare sosiale geleenthede en openbare parkeerareas.”

Mense word gevra om enige persone, voertuie of gebeure wat verdag voorkom dadelik aan Public Eye te rapporteer. “Die inwoners was altyd baie paraat, maar ons het dalk te gerus geraak die afgelope maande.”

Vaalparkers word ook aangeraai om enige vreemde voorwerpe op hul sypaadjies te rapporteer.

Alhoewel daar ʼn voortdurende debat aan die gang is oor wat as merkers (indien enigsins) deur misdadigers gebruik word, voel Public Eye dat dit beter is om oorversigtig te wees.

Neem ʼn foto van die “merker” met iets herkenbaar in die agtergrond, verwyder “die merker” en rapporteer dit, is hul raad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button