Local newsNewsNews

Karate Eerste Dan op 70

Romy Kloppers het hard gewerk en groot sukses behaal.

VANDERBIJLPARK. – Dis nooit te laat om jou drome te laat realiseer nie. Vra maar vir Romy Kloppers. Sy het onlangs, ‘n week na haar 70ste verjaardag, haar swart belt (Eerste Dan) in karate behaal.

Om karate te leer was al sedert haar jong dae haar droom, maar sy het nooit daarby uitgekom nie. Agt jaar gelede het haar kleinseun met karateklasse begin en Romy het besluit om ook by ‘n beginnersklas in te skakel.

“Ek wou net vorder tot by die groen belt, want ek hou van groen,” lag sy. Die gogga het egter behoorlik gebyt en aan die begin van die jaar het sy vir haar swart belt begin oefen.

Haar kleinseun doen nie meer karate nie, maar aan sy ouma is daar geen keer nie. Romy is deel van die Kuro-Obi Shatokan Karate Klub en sê die klublede bied mekaar ongelooflike ondersteuning.

“Ek geniet die oefening en dissipline wat karate bring,” vertel Romy wat ook al vir jare aerobics doen en gym. Behalwe vir haar sport wat haar na aan die hart lê, klop haar hart warm vir diere.

Daarvan kan haar eie honde, feral kat (straatkat) en die groepe feral katte by die VUT getuig. Sy help al vir jare om na die katte om te sien.

Romy beplan om voort te gaan met karate en sê solank as wat haar gesondheid hou, sal sy aanhou om die sport te beoefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button