Local newsNewsNews

Misdaad in SA steeds buite beheer

Die verslag, wat die tydperk tussen Julie en September 2023 dek, beklemtoon verskeie kommerwekkende tendense in misdaad teen boere en landbougemeenskappe regoor die land.

 Daar is bekend gemaak dat 68 moorde op landbougrond/plaas/erf/kleinhoewe tussen die tydperk van Julie en September 2023 plaasgevind het.

Hierdie stem ooreen met die statistieke van TLU SA en ander instansies soos AfriForum.

Die provinsie met die grootste moordsyfer op landbougrond/plaas/erf/kleinhoewe is die Wes-Kaap met 24 gevalle wat aangemeld was.

Veediefstal het wel afgeneem met 5.5%, maar hou steeds kommer in vir boere met 6 935 gevalle wat aangemeld is tydens die tweede kwartaal van die 2023-2024 finansiële jaar. 

Dit is egter belangrik om te onthou dat hierdie syfers ʼn verwronge beeld kan voorhou. Daar is baie mense wat hulle vertroue in die polisie se vermoë om sake op te los verloor het, en wat dit dus bloot nie aan owerhede rapporteer nie.

“Die SAPD is net so groot slagoffer as boere wanneer dit kom by inkomste wat verlore gaan as vee gesteel word. Die regsproses wat jare duur en jou verder stroop van geld en uitgawes, en die gevalle waar sake nie eers voorkom in die howe nie maak ons onwillig om dit aan te meld vir enige iets minder as R10 000,” sê Jaco Schoeman, voorsitter van die eiendomsreg komitee by TLU SA.

“Dit sal in die belang van die SAPD wees om alle misdade, maar veral veediefstal met groter prioriteit te hanteer. 

 “SAPD het eerstens ʼn kapasiteit probleem. Daar is ʼn ernstige tekort aan opgeleide speurders. Die Noordwes het net die helfte as wat benodig word, en dit is as gevolg van die prioritisering van posvlakke en finansies wat te min is. Hierdie veroorsaak dat SAPD en slagoffers dae lank in die howe moet sit”.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA sê dat “Effektiewe polisiëring begin by die regering wat die verantwoordelikheid het om toe te sien dat die inwoners van die land bedien word deur ʼn goed toegeruste en opgeleide polisiemag, wat tot die diens van die wetsgehoorsame inwoners met intergriteit optree.”

 Hoë misdaadsyfers het ook ʼn diepgaande en veelvlakkige impak op ʼn land se ekonomie.

Hierdie kan verminderde beleggings, verhoogde kostes vir besighede, afnemende produktiwiteit en verskeie ander ekonomiese uitdagings tot gevolg bring.

Die aanspreek en vermindering van misdaad is nie net ʼn kwessie van openbare veiligheid nie, maar ook ʼn kritieke komponent om ʼn gesonde en lewendige ekonomie te bevorder.

 TLU SA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te span in die poging om landbou-verwante misdaad te bekamp en ʼn veilige omgewing te skep vir ons boere-gemeenskappe. 

 UITGEREIK DEUR TLU SA 

(TLU SA is ‘n organisasie met die doelwit om sy  lede en die landboubedryf se belange te bevorder sodat landbou in SA kan leef).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button