Bedlêende oud-SANW-lid benodig dringend hulp
Dit het begin met 'n moesie aan sy been, waarna kanker en limfodeem gevolg het.
MEYERTON. – ‘n Voormalige lid van die SA Weermag, mnr. Pieter Nel (50), gaan tans deur ‘n baie moeilike tyd weens geweldige limfedeem. Hy het jare terug, toe hy nog in die Weermag was, ‘n moesie aan sy been laat verwyder. Kanker het later op die plek ontstaan, en mettertyd het hy ernstige limfedeem in die been ontwikkel.
Hy is die afgelope sewe maande bedlêend nadat hy geval het en kan glad nie meer met die swaar been loop nie. Pieter word tans deur sy broer en skoonsuster in Meyerton versorg, maar die praktiese en finansiële uitdagings is baie groot. ‘n Arbeidsterapeut wat aan die staat verbonde is, doen ‘n beroep op die publiek of enigiemand wat dalk kan help met hospiesdienste, ‘n hospitaalbed of volwasse doeke, om Pieter en sy familie by te staan. Pieter se skoonsuster, Zelda, kan per Whatsapp gekontak word by 063 742 1149.
Mense wat dalk ‘n geldelike bydrae wil maak, kan dit inbetaal by First National Bank, Rekeninghouer: Exelda Nel, Rekeningnommer: 63048030926, Takkode: 250655.
* Vaalweekblad sal in 24 November 2023 se uitgawe volledig oor Pieter se toestand berig.

