Local newsNewsNews

Manie Jackson se vrou in parkeerarea aangerand

Dit het op sosiale media gegons nadat Manie die ondervinding op sy Facebookblad gedeel het. Boodskappe van ondersteuning het ingestroom.

VAALPARK. – “Tharina Sentrum, julle sal jul sekuriteit moet opknap.”
Dit was gewilde sanger Manie Jackson se woorde na hy en sy gesin Sodagmiddig ‘n nare ondervinding in die parkeerarea van die sentrum beleef het.
Manie, sy vrou Christel (39) en dogter Iloné (19) het net na 15:00 by die Spar by die sentrum gestop vir inkopies.
“Toe my vrou uitklim, is sy dadelik deur twee mans gegryp, en geslaan.
“Terwyl ek nog spook en spartel om my veiligheidsgordel los te kry (jou vingers verander dan mos in piesangs), en om die bus te hardloop, het hulle haar in die gesig, teen haar kop, haar bo-arm en haar ribbes geslaan,” vertel Manie.
‘n Man wat gereeld werkies vir Manie doen het gesien wat gebeur en hulle te hulp gesnel.
Die boosdoeners het op die vlug geslaan met Iloné se handsak. Haar beursie, selfoon en ID dokument was daarin.
Gelukkig het niemand ernstige beserings, behalwe kneusplekke opgedoen nie.
“Geen karwag was in sig nie. Dit is ook nie die eerste keer dat dit gebeur nie,” sê Manie.
“Hulle het ‘n ruk terug, my ou Mercedes-Benz (1987 model), probeer steel terwyl ons in die Spar was, maar gelukkig het hy nog n “gear-lock” op, en kon hulle dit nie regkry nie.”
Die is egter nie die eerste keer dat boewe die besoekers aan die Tharina Sentrum teiken niel. Daar was reeds veskeie kere tevore oor diefstal in die parkeerarea van die sentrum gekla.
“Ek weet van ‘n vrou wat so ruk terug ook daar aangerand is, en een van my beste vriende, is so paar jaar gelede daar “ge-hi-jack” en het in die hospitaal opgeeindig met 27 meswonde,” beaam Manie.
Hy het dit duidelik gestel dat hy en sy gesin beslis nie gou weer by die sentrum gaan inkopies doen nie, nie voor daar behoorlike sekuriteit in plek is nie.
Arrie Coetzee, Direkteur van Publieke Betrekkinge by Public Eye, sê dat so ‘n aanranding binne sekondes kan gebeur.
Hoewel hulle nie Manie se weergawe van die voorval in twyfel trek nie, kon die voorval ongelukkig nog nie bevestig word nie aangesien daar geen kamerabeeldmateriaal of getuienisse is nie.
Arrie versoek dat enige persoon wat die voorval waargeneem het, asseblief na vore kom en inligting verskaf wat kan bydra tot die ondersoek en lei tot die identifisering van die aanvallers.
Arrie het ook gedeel dat hulle groot suksesse behaal het oor die naweek in twee afsonderlike gevalle waar hulle ‘n voertuig vasgetrek het wat betrokke was by diefstal, en nog ‘n voertuig wat as gesteel aangemeld was.
Public Eye ontvang groot lof van die gemeenskap vir hul werk om misdadigers vas te trek, en hul paraatheid het reeds gelei tot talle inhegtenisnemings van kriminele in Vaalpark en die groter Vaaldriehoek.
* Vaalweekblad het ook met die bestuur van die Tharina Sentrum gepraat. Hulle het verkies om nie op die oomblik enige kommentaar oor die aantuigings te lewer nie. Hulle is tans besig met hul eie ondersoek en het gesê dat hulle daarna kommentaar sal lewer.
Die Tharina Sentrum in Vaalpark.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button