Local newsNewsNews
Ongeluk ruk R59-verkeer tot stilstand
Verkeer na Vereeniging beweeg baie stadig op die R59, naby die Redan-brug.
VEREENIGING. – ‘n Ongeluk het Dinsdagoggend (21 November 2023) verkeer op die R59 tot stilstand geruk.
Dit volg nadat ‘n vragmotor met ‘n sleepwa naby die Redan-brug (in Vereeniging se rigting) omgeslaan het.
Dit lyk nie of iemand ernstig beseer is nie.
Verkeersowerhede en insleepdienste is op die toneel en is tans besig om die voertuig uit die baan te verwyder.
Verkeer beweeg stadig.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
