Wat gebeur by die ERT?
Daar is nog 'n hele paar goeie vertonings hierdie jaar by die Etienne Rouseau Teater in Sasolburg. Lees meer...
SASOLBURG. – Die jaar staan einde se kant toe, maar by die Etienne Rousseau Teater is daar nog ‘n paar meesterstukke op die spyskaart.
Sondag, 26 November om 15:00 gaan Coenie de Villiers en André Swartz saamspan vir die vertoning Stille Nag.
Dis die eerste keer wat hul hierdie vertoning gaan opvoer en hul aanhangers kan ‘n uitmuntende kuiertyd saam met die twee legendes verwag.
Kaartjies verkoop soos soetkoek. Spring gou en bespreek jou plek vandag nog by www.ertickets.com.
Donderdag, 30 November om 18:00 bied CK Dance Projects hul Year End Showcase aan. Kaartjies beloop R150 per persoon en kan ook by www.ertickets.com geboek word.
Sondag, 3 Desember om 15:00 is dit tyd vir die komedie, HANS STEEK DIE RUBICON OOR – RUDI VAN RENSBURG.
“Op 90 is Hans nog hups en springlewendig. Sy orige kinders maneuvreer hom egter vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in die Kaap en in Huis Madeliefie in.
“Maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone – ’n afgetrede tronkbewaarder …
“Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.”
Die regie word behartig deur Lizz Meiring. Kaartjies beloop R250 per persoon. Bespreek by www.ertickets.com.
Die ERT sluit hul jaar af op ʼn hoë noot met ʼn grootskerm vertoning van die immergewilde André Rieu.
Die rolprent word Sondag, 17 Desember om 2023 uitgesaai. Dit is Rieu se jongste DVD André Rieu’s White Christmas. Kaartjies beloop R150 pp en R100 pp vir persone oor 60 jaar en kinders o.12. Bespreek vooraf by www.ertickets.com.
