Brassberries by Vier Ankers
NG kerk Vier Ankers hou die naweek 'n spesiale konsert om fondse in te samel vir die instandhouding van die kerkgebou se pyporrel. Lees meer...
SASOLBURG. – Die Brassberries tree Saterdag, 25 November by NG Vier Ankers se kerksentrum op.
“Kom geniet die Brassberries Koperblaas-kwintet se orkes- en orrelklanke saam met ons,” nooi dit kerk.
Die sopraan Marguerite van Wyk en Loandi Richter (perkussie) gaan saam met die Brassberries optree.
Nog ‘n hoogtepuntis Pharny Chrysler-Fox, die bekende orrelspeler, wat Vier Ankers se pyporrel met sy 26 registers gaan speel.
Die Brassberries begin stiptelik om 15:30 met hulle konsert. Die toegangsfooi van R120 (onder 12 gratis) gaan aangewend word om Vier Ankers se besondere pyporrel in stand te hou.
Kontak gerus die kerkkantoor, vir kaartjies en meer inligting, by 016 976 7500.
