Local newsNews

Waterprobleem: Vanderbijl se krane loop leeg

Herstelwerk aan die pyplyn sal moontlik eers teen 10:00 vanoggend kan begin

 

Inwoners van verskeie Vanderbijlparkse woongebiede sal merk dat hulle vandag (Saterdag, 25 November) baie min of geen water het nie. Die rede is dat daar waterlekkasies in die hoofpyplyn in die omgewing van die Barrage-pad langs die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) en stadion is.

Volgens ‘n kennisgewing op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Facebookblad het ‘n span werkers reeds gister begin om Vanderbijlpark se reservoirs en die staalpyplyn leeg te tap om die lekke behoorlik te herstel. Die munisipaliteit kan in hierdie stadium nie bespiegel oor wanneer die werk voltooi sal wees nie. Inwoners wat nog ‘n bietjie water in hul pype het, word aangeraai om daarvan op te gaar vir noodsaaklike basiese behoeftes.

ELM-raadslid vir Wyk 5, Maureen Dosoudil, was op die toneel en sê die reservoir en betrokke pyp gaan na raming eers teen 10:00 vanoggend leeg wees sodat die lek en die oorsaak daarvan opgespoor en herstel kan word. Sy skat die water sal eers weer teen laat vanmiddag terugkeer…. mits die probleem vinnig opgespoor en herstel kan word.

Die Vaaldriehoek het die afgelope dae temperature van tot 35 grade bereik en ‘n hoë temperatuur word weer vir vandag voorspel. Onthou maar om genoeg vloeistof in te neem en seker te maak julle huisdiere kry ook genoeg water in. Kry maar by voorbaat ‘n paar ekstra liter gebottelde water by jou naaste winkel.

Raadslid Peter Verbeek van Emfuleni Wyk 10 het laat weet dat nood-waterpunte in dié Vanderbijlparkse gebiede beskikbaar is. Let wel, dit is slegs vir mense van daardie woongebiede. Indien die wateronderbreking langer as verwag aanhou, sal Vaalweekblad mettertyd noodwaterpunte in ander gebiede ook identifiseer en op ons webblad bekendmaak:

1. Thomas str 19 CE1

2. Shakespeare str 16 CW1

3. Koos and Mike motors. At the back by the trees in the park.

4. Pascal str 17 CE 1

5.Fontana str 5 CE2

6.Moseley str 18 CW3

 

Back to top button