Local newsNewsNews

Baseball is terug in die Vaal

Let's play ball ... baseball! Die sportsoort is nog betreklik nuut in die Vaal maar is vinnig besig om gewild te word.

VANDERBIJLPARK. – Amerikaanse bofbal (baseball) is nou ook ‘n sport wat in die Vaal beoefen kan word.

Vir die eerste keer sedert die 1970’s is die gewilde Amerikaanse sportsoort terug in die Vaal.

Die Vaal Dodger’s se o/12 span het Saterdag op sy tuisveld by Route 66 Pub & Grill (die ou Iscor-rugbyveld in McColm Boulevard) teen die Edenvale Giants en die Cardinals van Bokburg in vriendskaplike kragmetings te staan gekom.

Die eerste wedstryd het reeds om 10:00 begin het die aksie het tot laatmiddag geduur.

Die spanne sluit seuns sowel as dogters-spelers in, en die skoner geslag het hul goed van hul taak gekwyt.

Indien daar belangstellendes is (jonk en oud welkom van 10 jaar tot 40) wat meer oor die Vaal Dodgers wil weet en moontlik aan die sportsoort wil deelneem, kan afrigter Dave Lloyd by 079 080 7354 gekontak word.

Hier is van die dag se aksie in beeld. Foto’s: Elsje Vermeulen

Shayne Niemand, die Vaal Dodgers se catcher, doen sy werk.
‘n Goeie poging deur een van die Cardinals spelers, maar dis mis.
Die Vaal Dodgers se pitcher, Katleho Motuang, in aksie.
Die Cardinals se pitcher laat die bal loop.
‘n Goeie poging deur Elshanro Visagie van die Dodgers.
Nog ‘n Dodger, Stiaan Janeke, veilig tuis.
Pure konsentrasie. Die pitcher van Boksburg Cardinals maak gereed vir ‘n aflewering.
Die Cardinals se catcher maak gereed om die bal na eerste bof te stuur.
Die bal vlieg met ‘n spoed by Miguel Lloyd verby.
Soms moet jy goed kan koes.
Gaan die Cardinals-veldwerker die bal keer?
Nee nie die keer. Die bal is verby!
Ethan Horak van die Vaal Dodgers hou sy oog op die bal.
Die wedstryde is in goeie gees gespeel. Die Dodgers en die Cardinals skud blad na afloop van die wedstryd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button