Hope pret op dié ‘omgee Kersmark-dag’
HEILBRON. - Pitstop vir Jesus, 'n nie-wingewende organisasie van die dorp, hou elke vier tot ses weke 'n byeenkoms waartydens sprekers opgtree. Toegang is gratis en almal is welkom om saam die Here to kom loof en prys. Baie pret word beplan vir 2 Desember.
Die volgende byeenkoms is op 2 Desember.
“Ons wil dit graag ‘n groot dag maak en soveel as moontlik mense nooi om die dag saam te kom geniet,” sê Tanya Botha van Pitstip vir Jesus.
Die byeenkoms gaan op die veld van die Hoërskool Heilbron plaasvind.
Daar gaan ook ‘n Kersmark vanaf 08:00 tot 13:00 wees. Uitstalllers is welkom teen R100 per stalletjie. “Ons soek baie graag nog uitstallers,” nooi Tanya.
Daar word ook ‘n pretstap beplan. Stappers moet ‘n kruis of ‘n ster saambring wat hulle kan dra. Daar sal vanaf die skool tot by Huis Bron van Heil gestap word.
Daar sal dan ‘n pakkie aan aan die bejaardes en die personeel uitgedeel word.
Daar word tans donasies vir die bederf aan die 125 inwoners en personeel ingesamel en enige bydrae sal waardeer word.
Enige eetgoed skenkings soos koekies en lekker sal ook waardeer word.
Na die kuier by Huis Bron van Heil gaan daar na die skool terug gestap word.
Vanaf 14:00 tot 17:00 sal die Pitstop vir Jesus se sprekers, Danie Lodder en Jan Curtin, aan die woord wees.
Om 18:00 gaan Manie Jackson optree.
Hoewel toegang gratis is, is donasies welkom by die deure.
Vir meer inligting kontak Tanya by 083 975 8264.
