Local newsNewsNews

77 vis ingeweeg vir punte

Dit was die Hap en Kap Hengelklub se laaste maandkompetisie vir 2023. Die klub wens al die hengelaars 'n geseënde Kersfees toe en 'n voorspoedige 2024. Stywe lyne.

SASOLBURG. – Die Hap en Kap Hengelklub van die dorp het sy maandkompetisie op 25 November by Klipdrifdam (tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom) gehou.

Dit was ‘n baie warm dag met die temperatuur wat tot 34 grade gestyg het, en geen bries om dit effens koeler te maak nie.

Die 19 hengelaars kon 77 vis inweeg vir punte.

Hennie Greyling, veteraan, het 11 vis (7,370kg) ingeweeg en het ook die swaarste baber 1,030 kg gevang.

Die senior wenner was Dawie Janse van Rensburg met 10 vis (9,650kg). Hy het ook die swaarste spesie vir die dag, ‘n karp van 4,670 kg geland.

Die junior wenner was Lex Jordaan met ‘n baber van 0,610 kg.

Een van die klub se gestremde hengelaars, Gert van den Heever, het 5 vis (9,3kg) ingeweeg.

Gert van den Heever met een van sy karpe.
Marius Crous met sy vangs in die hounet.
Dawie Janse van Rensburg met die karp van 4,670 kg.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button