Local newsNewsNews

Dokkies se uitblink woordkunstenaar

Simone Jordaan, 'n graad 11-leerder aan die Hoërskool Dr. Malan is reeds 'n gepubliseerde digter en 'n raakvat woordkunstenaar. Lees meer...

MEYERTON. – Simone Jordaan, ‘n gr. 11-leerder van die HS Dr. Malan, het by die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se gedigtekompetisie geskitter.

Nie net is verskeie van haar gedigte in die digbundel, Stemme uit die Suiderland VIII, opgeneem nie, sy het ook die Jeug Afdeling: Terapeuties met haar gedig, Bloed en Mes gewen.

Simone Jordaan van die HS Dr. Malan.

Dan was sy ook een van ‘n handvol digters wat die geleentheid gewen het om hul eie digbundel te publiseer.

Hieroor is Simone super opgewonde. “Die digbundel word in Maart volgende jaar vrygestel en al wat ek hoef te doen is om die gedigte te voorsien.”

Die wenners is 4 November by ‘n glansgeleentheid by die Voortrekkermonument bekend gemaak.

‘n Week later is sy bekroon met die Pharos-toekenning by INK Skryf in Afrikaans se jaarlikse toekenningsaand. Tydens die geleentheid is INK se bundel, Inspraak 4 vrygestel waar 11 van Simone se gedigte en een van haar kortverhale opgeneem is.

Skryf en dig is vir Simone tweede natuur. Sien of hoor sy iets wat haar inspireer dan moet die gedagte dadelik op papier vasgevat word. Alhoewel sy al op 8 jaar begin skryf het, konsentreer sy die afgelope drie jaar op poësie.

Behalwe dat sy dit geniet om te skryf, neem sy ook aan ruiterkuns deel, is sy verkies tot Dokkies se leerlingraad en staan sy akademies onder die top 5.

Met graad 11 amper agter die rug, sien sy uit na haar finale skooljaar. Na skool wil sy ‘n BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Kreatiewe Skryfkuns verwerf alvorens sy haar as onderwyseres of joernalis wil bekwaam.

Oor die beroep is sy nog nie 100% seker nie, al wat sy weet is dat sy nooit gaan ophou skryf n haar geliefkoosde taal, Afrikaans nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button