FOTO’S: Steve Hofmeyr vier 10de bestaansjaar saam met Gimmies
Tien jaar nadat hy Vereeniging Gimnasium se skoollied geskryf het was hy terug om die skool se 10de bestaansjaar te vier.
*Die berig het eerste in Ster North (14 November – 20 November 2023) verskyn. Kry ons gedrukte koerante vir al die jongste nuus.
VEREENIGING. – Steve Hofmeyr, die man wat Vereeniging Gimnasium se skoollied geskryf het, het Donderdag, 2 November weer by die skool opgetree ter viering van die skool se 10de bestaansjaar.
Vereeniging Gimnasium is vandag ‘n multi-kulturele Afrikaans- medium skool wat ontstaan het uit die samesmelting van Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging in 2013.
In 2017 het die eerste volwaardige Gimmies hul matriekjaar op die landelike terrein van die ou Hoërskool Vereeniging voltooi.
Met die leuse “Strewe na Sukses” is dit ‘n hoë prioriteit om ons kinders te leer dat sukses slegs bereik word deur harde werk en toewyding.
Daarom word daar ook baie klem gelê op die vyf hoekstene van die skool: Trots, Dissipline, Tradisie, Christelike karakter en Strewe na Uitnemendheid.
Vereeniging Gimnasium is tans die enigste skool in die Vaaldriehoek wat toestemming verkry het om vanaf 2023 beroepsgerigte vakke aan te bied vir Graa 8-leerders.
Ouers, leerders en besoekers het die aand saam met mekaar geniet.
Vaalweekblad het gaan inloer en ‘n paar foto’s geneem.






