Local newsNewsNews

Klagtes oor nagmerrie-ervarings by staatshospitale

ʼn Landswye veldtog van die VF Plus waarin die publiek genooi is om te vertel van hul ervarings oor swak behandeling by die staat se gesondheidsorg-instellings, het oorweldigende reaksie gekry.

Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Gesondheid het in ‘n mediaverklaring gesê “dit skets ʼn ontstellende prentjie van menseregte vergrype, totale verval in dienslewering en infrastruktuur, asook onbevoegdheid en ʼn minagtende houding van personeel teenoor die lot en lyding van pasiënte”.
Die VF Plus het ʼn verslag van sowat 500 bladsye saamgestel oor honderde klagtes wat vanaf Julie 2022 tot Augustus vanjaar ontvang is waarin die name van 93 openbare gesondheidsinstellings genoem word.
Die verslag is by die menseregtekommissie (MRK) ingedien vir ondersoek.
Dit is ook op die VF Plus se webblad by die volgende skakel beskikbaar: https://www.vfplus.org.za/…/the-horrors-of-state-and…/
Die verslag bevat talle vertellings van onmenslike behandeling en nalatigheid wat tot die sterfte van baie mense gelei het.
Grafiese besonderhede en foto’s word in die verslag vervat.
Een hiervan (met foto’s) is van ʼn voorval by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein waar ʼn swanger vrou in kraam, se hulpkrete na bewering bloot geïgnoreer is.
Die baba is dood gebore waarna die liggaampie voor die geskokte ouers in ʼn mediese afvalsak geplaas en in ʼn afvalhouer gegooi is.
ʼn Ander geval in die Joe Morolong Memorial-hospitaal beskryf hoe ʼn persoon se been met slegs ʼn epidurale prosedure geamputeer is.
Hy kon glo hoor en ruik hoe die been gesaag word. Die gevoel het begin terugkeer na sy been en hy het glo by die dokters gepleit om op te hou, maar daar is bloot voortgegaan met die prosedure.
Narkose is glo eers toegedien nadat die pyn ondraaglik geword het met die knip van senuwees.
“Hierdie en vele ander voorbeelde is ʼn ernstige aanklag teen ʼn staat wat geen empatie het met die lyding van siekes nie. Dit dien terselfdertyd as bewys dat die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is tot mislukking,” sluit die mediaverklaring af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button