Local newsNewsNews

Wie gaan die Matriekafskeid-kompetisie se finaliste wees?

Die stemproses is afgehandel om die Top 10 seuns en dogters finaliste in die Beauty and the Beast-kompetisie te bepaal. Die finaliste word in hierdie week se Vaalweekblad (1 Desember) bekend gemaak.

Stemkans vir Vaalweeklad se Beauty and the Beast matriekafskeid-kompetisie het Maandagaand, 27 November, gesluit.

Nou is die groot vraag: Wie is die finaliste? Moenie hierdie week se Vaalweekblad (1 Desember) misloop nie.

Die matrieks wat ingeskryf het se foto’s het die afglope week op Vaalweekblad se Facebook verskyn, waar mense as deel van die stemproses die foto’s kon “like” en “share”.

Dié stemme wat deur hierdie proses gewin is, dra 50% by tydens beoordeling. Onafhanklike beoordelaars sal daarna die algehele wenners bepaal.

Behalwe vir die kans om in die koerant te verskyn, is daar ook R500 kontant vir die wenner in die “Beauty-afdeling” en R500 in die “Beast-afdeling”.

Let asb. ook daarop dat slegs leerlinge wat vanjaar in matriek in plaaslike hoërskole is, vir die kompetisie kon inskryf.

Die algehele wenners sal in die laaste uitgawe van die jaar (15 Desember) aangekondig word. Net betyds vir die wennerws om hul prysgeld te kry en sodoende hul vakansiefondse ‘n hupstoot te gee. Daar sal ook ‘n volle “feëverhaal” en ekstra foto’s oor die wenners verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button