Maak reg vir ‘n skouspel by Ultimate Outlaws!
Ultimate Outlaws is op die Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging.
VEREENIGING. – Vaaldriehoekse inwoners wat mal is oor vinnige karre kan solank Saterdag, 2 Desember, dagboek vir Ultimate Outlaws Raceway se 2023 klubfinale in alle klasse.
Klasse wat gaan deelneem is Ninjas, Junior Developments, Stockrods, 1660s, 2L Hotrods, V8 Sprints en Inex Legends.
Hekke open om 13:00 en die renne begin om 16:00. Toegang is R50 per persoon. Bring gerus die hele gesin want hier gaan vermaak vir jonk en oud wees. ‘n Skouspelagtige vuurwerkvertoning gaan gedurende die pouse aangebied word. Kersvader sal natuurlik ook daar wees om die kleinspan met lekkergoed te bederf!
Ultimate Outlaws is op die Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging. Meer besonderhede is beskikbaar op die Facebook-blad: UltimateOutlaws, of stuur ‘n WhatsApp na 079 740 8413 vir meer inligting oor dié groot byeenkoms.