Local newsNewsNews

Meyerton-sangeres se treffer benoem

Haar musiekvideo is besig om opslae in die wêreld van Afrikaanse musiek te maak.

MEYERTON. – Die plaaslike sangeres Lee Luka, oftewel Lea White, is op die Facebook-groep AFRIKAANSE TREFFERS benoem as “nuweling van die jaar” op grond van haar nuutste enkelsnit “Nooit Ooit Alleen”.

Die selfgepende sagte “rock” lied met sy diep lirieke en energieke oordrag is in April uitgereik en is reeds meer as ’n duisend keer op YouYube gekyk.

Lee Luka vertel dat sy die lied na die Covid-pandemie geskryf het toe sy besef het hoe alleen mense gedurende die tydperk van isolasie geraak het.

Die titel beskryf eensaamheid in geheel, maar tog is mens nooit alleen nie.

Deelnemers se sukses in dié kompetisie hang af van hoeveel mense vir hulle stem, en luisteraars wat van Lee Luka se liedjie hou kan hier vir haar stem.

Sy het reeds 163 stemme lê tans in die derde plek.

Die kompetisie sluit Vrydag 1 Desember 2023 om middernag.

Hoewel Lee Luka benoem is vir “nuweling van die jaar” is sy allermins ‘n nuweling tot die musiekindustrie.

Sy sing al van 11-jarige ouderdom af en het voorheen musiek onder haar naam “Lea” gemaak, voordat sy besluit het om ‘n breek te neem sodat sy haar kinders groot kan maak.

“Toe ek terugkeer was daar reeds ‘n pragtige blondekop genaamd ‘Leah’ wat musiek maak. Ek het toe besluit om my sangnaam na Lee Luka te verander,” vertel sy.

Lee Luka is baie passievol oor musiek en het haar eie sangskool.

Sy help plaaslike sangers met stemopleiding.

Die omslag van Lee Luka se enkelsnit Nooit Ooit Alleen. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button