Local newsNewsNews

Einde van ‘n era in Bedworthpark

VANDERBIJLPARK. - Dit is die einde van 'n era. Pick n Pay Bedworthpark het na 42 jaar se diens aan die gemeenskap sy deure permanent gesluit.

Groot was die opwinding toe dié sentrum (tot op hede die grootste Pick n Pay in die Vaal) sy deure destyds oopgemaak het. Die vreugde het gister (30 November) in hartseer omgeskakel.

‘n Groot aantal permanente, asook deeltydse werkers sit nou kort voor Kersfees sonder werk.

Voormalige werkers het om 08:00 by die sentrum saamgedrom. Eers was daar vreugde om mekaar weer na al die jare te sien, en later het die trane vrylik gevloei met die wete dat dit die einde van ‘n era is.

Daar kon nog nie bevestig word nie, maar daar word bespiegel dat ‘n Boxer-grootmaat winkel dalk Pick n Pay se plek gaan ineem.

Om sake te vererger het ArcelorMittal ook die week aangekondig dat sowat 3 500 werkers (wat ook werkers van die Vereeniging-tak insluit) vroeg aanstaande jaar afgelê gaan word. Berig hieroor in hierdie week se Vaalweekblad (1 – 6 Desember).

Pick n Pay Bedworthpark se deure is permanent toe! Die herinnering van jare se saamwerk en die wete van die impak hiervan is duidelik te sien op die gesigte van Margaret Blair (voormalike hoof van sekuriteit) en Rona Viljoen (regs).
Oud-kollegas van Pick n Pay sal hul tyd daar met deernis onthou.
Kollegas van jare tevore saam op die laaste dag by Pick n Pay Bedworthpark. Van links is: Anet Bester, Theressa Voster, Rona Viljoen, Christene Naude, Erika Labushagne en voor is Elize Lourens.
Lekker om mekaar na al die jare weer te sien, al is dit op ‘n hartseer dag.
Tokkie Lombard met haar 1987 naamplaatjie.
‘n Selfie vir oulaas. Van links is Tina Stroebel, Poppie de Beer (agter), Martie Caroll, Helen du Toit en Erika Labushagne.
Rina van der Walt met haar 1992 naamplaatjie.
Oud-kollegas het reeds om 08:00 voor die sentrum se deure begin saamdrom.

 
Back to top button